Horisontaal Onder Duvet – oftewel, HOD…

… is ‘n lekker tydverdryf en iets wat beslis nie dikwels gebeur nie. Toe ek jonger was, het my kinders my baie besig gehou en was daar nie sommer ‘n kansie om net met ‘n boek in die bed te lê en selfs iewers ‘n sonkol te vind nie.

Nou is dit anders – hulle is natuurlik groter, alhoewel dit nog heelwat oortuigingsvermoë kos om hulle sover te kry om vrywilliglik self ‘n ete voor te berei. So nou en dan kry moeder darem ‘n koppie koffie, dus kla sy nie. Maar: met Manlief wat ‘n bobaas kok is en so graag kos maak, kry ek elke nou en dan die geleentheid om net luilekker rond te hand. Soos vanoggend, toe die dag vaal, grys en koud breek. Ek het die eerste koffietjies gaan aansit, ‘n paar dingetjies in die kombuis gedoen en toe pens en pootjies terug in die bed geklim, skootrekenaar uitgehaal en ‘n bietjie op datum met die tegnologiese kommunikasie gekom.  Later darem so dan en wan ‘n takie afgehandel en selfs ‘n ent gaan stap, maar dis mos nie verniet vakansie nie – ‘n mens mag maar weer rustig raak!

En hier kry ek ‘n verdwaalde nuwe aanhanger wat my skuldig laat voel dat ek hierdie spesifieke blogruimte afgeskeep het, Ek het dit in 2012 begin toe ek ‘n bietjie die grense van WordPress wou verken, maar het baie verdwaald, verlore en verlate gevoel en maar so half stert tussen die bene teruggesluip Litnet toe. Ongelukkig is my skryflus nes baie ander dinge in my lewe iets wat kom en gaan en ook natuurlik iets wat baie tyd in beslag neem indien ‘n mens ernstig daaroor raak. Ek voel behoorlik soos ‘n sprinkaan wat van stingel tot plant tot blom spring in ‘n poging om soveel as moontlik gedoen te kry.

Ek het boeke om te lees, ek het breiwerk om te doen (iets wat ek letterlik dekades laas in my prille jeug gedoen het en nou weer begin het omdat ek iemand anders touwys maak), ek het doeke wat wag om beskilder te word. So much to do, so little time!

Hierdie spesifieke blogruimtetjie, dink ek, sal dus aan stories gewy word, net sodat ek darem ietsie het om te doen. Moet nog mooi besluit hoe ek die ding sal benader, maar nou ja. Elke nou en dan beland iemand onverwags hier en dan laat dit my baie skuldig voel dat hier niks is om te lees nie.

So, ek gaan probeer…

4 gedagtes oor “Horisontaal Onder Duvet – oftewel, HOD…”

  1. Wie was jy op Litnet?Gelukkig is ons almal diékant,dus sal jy nie alleen hier rondswerf nie!Lekker gelees by jou.

  2. Ag hene hoe kort is my geheue!Dis tog Katrina en ek het reeds by jou vorige inskrywing gesien dis jy!Miskien moet ek minder onder die duvet lê en bietjie meer vars lug vir die breinselle kry! 😆

      1. Ek plaas ‘n skakel daar na hierdie blog.Dis tog lekker om nog bietjie daar te loer.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s